by Ps. Heinrich Titus
Liewe vriende,
Ons kom aan die einde van nog ’n jaar wat verbygesnel het teen ’n verbysterende spoed. Ek wil vir ieder en elk dankie sê vir jul onvermoeide toewyding om vir ons as kerkfamilie te bid tydens hierdie oorgangsjaar.
Laat my toe om ’n stukkie van my pad met jou te deel.
Aan die begin van die jaar het ek ’n voetbesering opgedoen terwyl ek gedraf het, waarnaas ek gedoen het wat ek geweet reg is – ek het my voet laat rus. Teen hierdie tyd het ek geleer dat dit nie ’n slim idee is om net deur die pyn te hardloop nie, want deur die pyn te ignoreer vir ’n tyd, betaal mens later ’n groter prys. Dus het ek my voet laat rus vir ’n week. Die week het ’n maand geword, en ’n maand het nege maande geword sonder dat die pyn weggegaan het. Dit blyk toe dat ek die omvang van die besering onderskat het, en behalwe dat as ek iets verander, gaan ek geen vordering maak nie.
En so maak die maanstewel (moonboot) en krukke toe hulle verskyning (wat ek eintlik veronderstel was om te dra tydens Convergence en ons jaarlikse pastore konferensie) en my hele lewe verander. Nie in ’n groot mate nie, maar bietjie-vir-bietjie. Ek het toe mense nodig om my te help om deure oop te maak by restaurante en winkels, ek moes twee maal dink voordat ek enigsins êrens gaan, en moes selfs die idee om op te staan vir ’n koppie tee heroorweeg (om nie eens te praat van die gevolglike uitstappie na die toilet na die tyd nie).
Na baie gebed en selfs mense wat vir my hande opgelê het, moes ek berus by die feit dat God my voet via die stadige roete wou genees, en het ek die les en seisoen wat vervat was binne-in dit, verwelkom.
Eerstens, ek moes besef dat ek dinge moes stadiger vat – om agter elke afspraak en elke bedieningsgeleentheid aan te hardloop sou my nie noodwendig meer effektief maak nie, nog minder sou dit volhoubaar wees op die lange duur. Tweedens, ek het tot die gevolgtrekking gekom dat ek nie altyd in die beste posisie is om die toestand van my lewe akkuraat te bepaal nie. Ek het ander mense nodig om my te help hiermee, en ek het ander mense nodig om my te help loop in die regte rigting op die regte manier. Verder het ek tot die besef gekom dat om slegs ’n breek te neem, alhoewel dit goed is, dit nie altyd goed genoeg is nie. Soms het mens spesifieke, gefokusde intervensie en rehabilitasie nodig om jou te help om die manier hoe mens dinge doen, te verander. Anders, afgesien van goeie bedoelinge, sal mens die heeltyd dieselfde resultate kry.
Meer as enige iets anders, het my ervaringswêreld oopgegaan vir mense met gebreke (of ongeskikthede) in ’n diepgaande manier (alhoewel ek nie eens kan begin dink dat ek heeltemal verstaan wat meeste van hulle moet deurgaan nie). Ek het begin besef hoe ons as beweging in die algemeen, meer ingestel is om saam met die sterkes en vinniges te hardloop – dié wat geleerd genoeg is, gemotiveerd genoeg is, begaafd genoeg is, charismaties genoeg is, en dié wie die regte leierseienskappe toon – en dat ons ons gereeld, maar meestal nie met opset, die res wat nie kan byhou, agterlaat.
My hartsoortuiging bly dat die Here Jesus Christus aanbidders voorberei wat die Vader in Gees en in waarheid sal aanbid. Ek word weer herinner aan die woorde van John Andrews tydens Convergence: God kan nie die persoon verander wat ek voorgee om te wees nie; slegs die persoon wat ek is.
Deel van die roeping vir dié wat vashou aan God en sy beloftes, is om die weg voor te berei vir die Koning van alle konings. En die Koning kom om ’n eerlike gesprek met ons te hê. Ek glo dat as ons dit dié maal met ope arms aanpak, ons nie net met sy liefde sal in kontak kom nie, maar ook Sy begrip van ons menslikheid. Christus as die Hoë Priester treë tans in vir ons, en kan dit doen, want Hy verstaan ons – Hy het selfs in ons skoene geloop.
Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Hebreërs 4:15-16 OV
Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. Romeine 8:34 OV
’n Pad van selfontdekking, alhoewel dit soms pynlik is, is nooit verniet indien dit gedoen word onder die liefdevolle en nie-veroordelende leiding van die Vader nie.
Ek het onlangs met sommige van ons leiers gedeel dat ek ervaar die Heilige Gees roep ons om onsself te posisioneer op dieselfde wyse wat Habakuk gedoen het, en ek bid dat, maak nie saak waar ons onsself bevind hierdie tyd van die jaar nie, ons sal tyd maak om dieselfde te doen:
Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt. Habakuk 2:1 NV
God het vroeër vanjaar met ons as kerkfamilie gesels en vir ons opdrag gee om oor te gaan na “die ander kant”; om die bekende oewers van dit waaraan ons gewoond is agter te laat, en om Hom te vertrou om ons te lei. Ek wil vir elkeen wat die stap van geloof geneem het om saam met ons op hierdie reis te vertrek, bedank. Dit het ons uitgedaag op maniere wat geen persoon ooit kon dink moontlik is nie, en het van ons geverg om in Hom te vertrou soos nog nooit van te vore (Markus 4 en Markus 5).
Ek is oortuig daarvan dat God het net soveel belangstelling in dit wat in ons harte aan die gebeur is tydens die reis, as net ons wat oorbeweeg na “die ander kant”. Ek wil elkeen van ons bemoedig om hierdie tyd van die jaar te gebruik om na te dink (te “reflekteer”) oor dit wat uit ons harte gekom het tydens hierdie reis vanaf die begin van die jaar tot en met waar ons onsself nou bevind. Daar is ’n paar vrae wat ek myself gereeld afvra, en ek het in my hart onderneem om myself te posisioneer teen die muur van gebedsoorweging sodat die Heilige Gees met my kan gesels en my kan reghelp waar dit nodig is. Jy mag dalk jou eie vrae hê, maar hier deel ek myne met jou (net die vrae; die antwoorde is tussen my en God, vir nou), in die hoop dat dit jou sal stimuleer om ook jou pas te verminder en om met die Een om te gaan wat ons beter ken as onsself:
- Waar is ek verhouding gewys in terme van God? Het my vertroue in hom gegroei, of is daar teleurstelling wat nog rond draal wat die potensiaal het om my geloof in God te potjie? Het my aanbidding meer opreg (outentiek) geword as dieselfde tyd verlede jaar, of gaan ek maar net deur die normale bewegings terwyl ek “by kerk” is op Sondae?
- Waar is ek verhouding gewys in terme van die mense naaste aan my? Het ek nader gegroei aan die mees belangrike mense in my lewe, of is daar gedeeltes waar ek teleurstelling, pyn, onvergifnis, bitterheid of ongevoeligheid toegelaat het om afstand tussen ons te skep? Wanneer ek sê dat ek my vrou en kinders lief het meer as enige iets anders, sal hulle hul ervaring van dit kan bevestig?
- Waar is ek in terme van my roeping om meer soos Christus te word? Dink, klink en doen ek ’n klein bietjie meer soos Christus as toe ek dit begin doen het vroeër vanjaar? Breek my hart vir die dinge wat die Here se hart breek, of gaan ek net deur die normale dinge? Het ek my kruis opgeneem en gesterf tot die goed wat kosbaar is vir my, of poog ek daarin om myself te verdedig, te baklei vir dit wat myne is, en te bly in my gemaksone?
- Wat sien ek werklik? Het ek hoop in die feit dat God getrou is om my, my familie, ons kerk en ons nasie se Herder te wees, en te lei in Sy doelwitte vir ons, of het ek sinies geword?
- Wat kom uit my mond? Die woorde van my mond reflekteer die toestand van my hart. Wat ek oor praat (of wat ek sê) terwyl niemand anders in die rondte is om te hoor nie, sê meer van my as die woorde wat ek spreek vanaf die kansel.
My voet is nogsteeds nie heeltemal gesond nie, en ek vermoed dieselfde kan gesê word van dele van my geestelike lewe. Wat ek nou meer as ooit van te vore begin verstaan het, is dat dit aanvaarbaar is om hier te wees. Dit maak nie God minder God nie, en dit maak my nie minder Sy seun nie. Ek het begin verstaan dat Sy genade is werklik meer as genoeg vir die wat weet hulle het genesing nodig, dat Sy krag oorneem wanneer ons eie krag onsself in die steek laat, dat Sy liefde vloei wanneer ons harte seerkry, dat Sy stem praat wanneer die klank van ons eie redenering ophou, dat Sy bemoediging vermenigvuldig waar dit wat ons glo plek maak vir deernis, dat Sy mag bevry waar die vlees niks het in om trots in te wees nie, en dat Sy teenwoordigheid neerreën op die wat dors is.
My gebed is dat jy jou plek op die muur sal vind as ’n tyd van verkwikking, opwakkering van vreugde en nederigheid, alhoewel oortuigende herposisionering, soos wat jy na die Een kyk wat alleen getrou en waardig is van ons volslae vertroue.
Weet dat jy geliefd is,
Heinrich en Nikki